Hiragana | |
---|---|
ひらがな | |
Soort skryfstelsel | Lettergreepskrif |
Tale | Japannees en Okinawa |
Tydperk | sedert 800 |
Voorloper | Orakelbeenskrif |
Verwante skryfstelsels | Katakana, Hentaigana |
Rigting | Links-regs |
ISO 15924 | Hira, 410 |
Unicode | U+3040–U+309F U+1B000–U+1B0FF |
Nota | Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat |
Hiragana (平仮名 of ひらがな?) is 'n Japannese lettergreepskrif, een van die onderdele van die moderne Japannese skryfstelsel, te same met katakana en kanji; en rōmaji; die gebruik van die Latynse alfabet in Japannees.[1] Hiragana en katakana is beide kana-stelsels waarin elke simbool 'n mora (klankeenheid) voorstel. Elke kana is óf 'n klinker (soos a あ); 'n konsonant gevolg deur 'n klinker (soos ka か); óf n ん, 'n nasale sonorant wat, afhangende van die konteks, soos 'n Afrikaanse m, n, of ng (IFA: [ŋ]) klink, of soos die nasale klinkers in Frans.
Hiragana word gebruik vir woorde waarvoor daar geen kanji bestaan nie, insluitend partikels soos kara から "van," en agtervoegsels soos ~san さん "Mnr., Mev., Mej, Me." Hiragana word ook gebruik in woorde waarvoor die kanji-vorm nie vir die skrywer of die lesers bekend is nie, of waar dit te formeel is vir die skryfdoeleinde. Werkwoord en byvoeglike naamwoord infleksies, soos byvoorbeeld, BE MA SHI TA (べました) in tabemashita (食べました? "ate"), wat in hiragana geskryf word. In hierdie geval word deel van die stam ook in hiragana geskryf. Hiragana word ook gebruik om die uitspraak van kanji aan te dui in 'n leeshulpmiddel wat furigana genoem word.[2]
Daar bestaan twee hoofstelsels vir die rangskikking van hiragana, die outydse iroha rangskikking, en die meer algemene gojūon rangskikking.